LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Middag op RSG

Wanneer die kanon op Seinheuwel die koms van die middag aankondig, is daar ná Musiekster nog meer musiek en humor om jou woema te gee vir die res van die dag.

MEER INLIGTING
Unknown 14°/26°
WEER Wind: S
TERUG

Rand en sent

SOEK

Datums
calendar calendar

VORIGE PROGRAMME

  • Sondag 3 Maart 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Duisende Suid-Afrikaners verkies deesdae om in deeltitelkomplekse te woon. Hulle meen dit is veilig en ʼn lekker toesluit-en-ry leefstyl, maar daar is baie vereistes waarmee ʼn inwoner van so ʼn skema moet rekening hou. Voor jy dus koop, moet jy jou vergewis van waarvoor jy jou inlaat.

    POTGOOI

    Rand en sent 3 Maart 2013

    Laai die mp3 af (17 545KB)

  • Sondag 24 Februarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    ʼn Mens hoop dat dit jou nooit oorkom nie, maar die meeste van ons is tog een of ander tyd betrokke by ʼn padongeluk. As dit met jou gebeur, dan is daar sekere stappe om te volg. Helen Ueckermann praat met Johan Janse van Rensburg van die Kantoor van die Ombudsman vir Korttermynversekering oor wat jou te doen staan sou jy in ‘n motorongeluk beland.

    POTGOOI

    Rand en sent 24 Februarie 2013

    Laai die mp3 af (18 406KB)

  • Sondag 17 Februarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    As daar nou een ding is wat ouers laat nagsweet kry en tande kners is dit waar om die geld te kry sodat jou kinders behoorlik opgelei kan word. Met skoolgeld wat reeds hemelhoog is, is na-skoolse studies vir kinders deesdae bloot buite die meeste ouers se finansiële bereik. Helen Ueckermann praat met Lyndwill Clarke van die Raad op Finansiële Dienste oor hoe jy vroeg-vroeg al kan begin beplan vir jou kinders se studies, en ook jou kinders in die proses kan geldslim maak.

    POTGOOI

    Rand en sent 17 Februarie 2013

    Laai die mp3 af (17 674KB)

  • Sondag 10 Februarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Dobbel kan pret wees, maar kan jou ook ernstig benadeel op die geldelike front. Ongelukkig is dit dikwels mense wat reeds in ’n finansiële verknorsing is wat hoop dat daardie een gelukslag hulle sal tref wat al hulle geldprobleme sal oplos. In die weeklikse drama oor finansiële vryheid, As dit pap reën moet jy skep, gaan dobbel Astrid, en leen sommer van haar wengeld aan haar vriendin. Daarna praat Helen Ueckermann met Etienne Malan van Legalwise oor beter geldopsies.

    POTGOOI

    Rand en sent 10 Februarie 2013

    Laai die mp3 af (20 119KB)

  • Sondag 3 Februarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Hersien jy jou polisse elke jaar? Baie mense is nie daarvan bewus dat dit goeie praktyk is om jou polisse een keer per jaar te bekyk om seker te maak dat jy nie onder- of oor-verseker is nie. As jy heelwat minder uitbetaal word vir ‘n eis as wat jy verwag het, kan dit groot teleurstelling en geldellende meebring. Helen Ueckermann praat met Steven Isaacs van Lion Africa oor hoe noodsaaklik dit is om wel jou polisse en polisdekking te hersien, en hoe dit jou kan benadeel as jy dit nie doen nie.

    POTGOOI

    Rand en sent 3 Februarie 2013

    Laai die mp3 af (15 400KB)

  • Sondag 27 Januarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Ons sê maklik dat wanneer iets te goed is om waar te wees, dan is dit waarskynlik so. As ’n mens egter kyk na hoeveel Suid-Afrikaners gereeld ingedoen word met finansiële skelmstreke, dan word dit duidelik dat baie mense eintlik geen idee het van wanneer iets te goed klink om waar te wees. Die vraag is: Wanneer weet jy of iets te goed klink om waar te wees? Waarna moet ʼn mens oplet? As so ʼn fantastiese, ongelooflike aanbod oor ʼn mens se pad kom, gepaard met beloftes van groot bedrae geld wat ʼn mens kan verdien, hoe moet jy maak?

    POTGOOI

    Rand en sent 27 Januarie 2013

    Laai die mp3 af (17 220KB)

  • Sondag 20 Januarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Helen Ueckermann praat met JP le Roux van Mutual & Federal oor kredietversekering vir verbruikers. Is die uitstaande bedrae wat jy nog moet betaal op items wat jy op krediet gekoop het, voldoende deur versekering gedek? Is jy, en veral jou gesin, doeltreffend gedek teen uitstaande skuld sou jy jou werk verloor, ongeskik raak of te sterwe kom?

    POTGOOI

    Rand en sent 20 Januarie 2013

    Laai die mp3 af (17 597KB)

  • Sondag 6 Januarie 2013

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    In Rand en Sent se weeklikse drama oor finansiële vryheid word Astrid se foon gesteel en Esther moet haar ma versorg nadat haar huis afgebrand en sy alles verloor het. Helen Ueckermann praat daarna met John Theunissen van die kantoor van die Ombudsman vir Korttermynversekering oor hoe jy verantwoordelikheid moet neem vir die risiko in jou eie lewe sodat jy nie ’n las word vir ander nie.

    POTGOOI

    Rand en sent 6 Januarie 2013

    Laai die mp3 af (19 554KB)

  • Sondag 30 Desember 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

    POTGOOI

    Rand en Sent 30 Desember 2012

    Helen Ueckermann vra 'n kenner uit oor hoe 'n mens te werk moet gaan met versekeringseise.
    Laai die mp3 af (18 033KB)

  • Sondag 16 Desember 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    In die drama oor finansiële vryheid, Verkeerde Besluite, praat Astrid, Jacques, Esther en Beverley oor hoe ʼn mens kan geld spaar en die rol wat rente speel. Daarna gesels Helen Ueckermann met Nikki le Roux-Bruce, assistent-verkoopsbestuurder van Mutual & Federal Versekering in Sentraal Gauteng.

    POTGOOI

    Rand en sent 16 Desember 2012

    Kenners gee raad oor persoonlike geldsake.
    Laai die mp3 af (12 953KB)

  • Sondag 9 Desember 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Helen Ueckermann kyk na huisinhoud-versekering en gebou-versekering. Wat is die verskil? Sy praat met Gerhard Raath, ‘n finansiële en risiko-kenner, oor hoe om te onderskei tussen die twee soorte versekering en hoe om te eis as ʼn ramp jou tref.

    POTGOOI

    Rand en sent 9 Desember 2012

    Kenners gee raad oor persoonlike geldsake.
    Laai die mp3 af (15 314KB)

  • Sondag 2 Desember 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    In die nuwe dramareeks oor finansiële vryheid, KNIEDIEP IN DIE SKULD, maak ons kennis met Astrid wat onoordeelkundig met haar kredietkaart omgaan en in die skuld beland. Daarna gesels Helen Ueckermann met die finansiële en risiko-kenner, Nico Knop, oor hoe om kredietkaartskuld te beperk en hoe jy tog ʼn kredietkaart verantwoordelik kan gebruik.

    POTGOOI

    Rand en sent 2 Desember 2012

    Laai die mp3 af (17 831KB)

  • Sondag 25 November 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Finansiële vryheid is iets waarvan almal droom. Rand en Sent begin binnekort met ʼn nuwe reeks oor finansiële vryheid, en Vivienne Pearson, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging en Elmi le Roux van Bright Media vertel meer oor die nuwe reeks en hoe Rand en Sent se formaat gaan verander.

    POTGOOI

    Rand en sent 25 November 2012

    Laai die mp3 af (18 913KB)

  • Sondag 18 November 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Die spertyd vir die elektroniese indien van belastingopgawes is om die draai. Weet jy wat van jou verwag word? Helen Ueckermann praat met Madeleine Schubert van Citadel oor belasting en hoe dit jou raak.

    POTGOOI

    Rand en sent 18 November 2012

    Die spertyd vir die elektroniese indien van belastingopgawes is om die draai. Weet jy wat van jou verwag word? Helen Ueckermann praat met Madeleine Schubert van Citadel oor belasting en hoe dit jou raak.
    Laai die mp3 af (19 387KB)

  • Sondag 11 November 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Direkte bemarkers kan ʼn mens soms grys hare gee. Wat is jou regte? By watter riglyne moet direkte bemarkers hou? Helen Ueckermann praat met die verbruikersake-kenner, Ina Opperman, oor wat direkte bemarkers mag en nie mag nie, en hoe jy as verbruiker ongewenste aandag kan afweer.

    POTGOOI

    Rand en sent 11 November 2012

    Direkte bemarkers kan ʼn mens soms grys hare gee. Wat is jou regte? By watter riglyne moet direkte bemarkers hou? Helen Ueckermann praat met die verbruikersake-kenner, Ina Opperman, oor wat direkte bemarkers mag en nie mag nie, en hoe jy as verbruiker ongewenste aandag kan afweer.
    Laai die mp3 af (14 791KB)

  • Sondag 4 November 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Ekonome voorspel dat die volgende drie jaar swaartrek vir verbruikers gaan beteken. Hoe kan jy jou voorberei en verskans teen finansiële swaarkry? Johann van Tonder, ekonoom by die Universiteit van Suid-Afrika se Buro vir Marknavorsing, het praktiese raad en wenke.

    POTGOOI

    Rand en sent 4 November 2012

    Ekonome voorspel dat die volgende drie jaar swaartrek vir verbruikers gaan beteken. Hoe kan jy jou voorberei en verskans teen finansiële swaarkry? Johann van Tonder, ekonoom by die Universiteit van Suid-Afrika se Buro vir Marknavorsing, het praktiese raad en wenke.
    Laai die mp3 af (20 397KB)

  • Sondag 28 Oktober 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Helen Ueckermann praat met advokaat Ronald King, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling van PSG Konsult, oor die koste van kinders se opleiding en hoe ouers vandag daarvoor kan voorsiening maak te midde van stygende lewenskoste.

    POTGOOI

    Rand en sent 28 Oktober 2012

    Helen Ueckermann praat met advokaat Ronald King, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling van PSG Konsult, oor die koste van kinders se opleiding en hoe ouers vandag daarvoor kan voorsiening maak te midde van stygende lewenskoste.
    Laai die mp3 af (19 118KB)

  • Sondag 21 Oktober 2012

    Rand en sent

    met Helen Ueckermann 15:30-16:00

    Helen Ueckermann praat met die verbruikersakeghoeroe Ina Opperman oor hoe die Verbruikerswet inmekaar steek en waarom jy, die verbruiker, moet sorg dat jy die wet goed verstaan. Ina is medeskrywer van Understanding the Consumer Protection Act.

    POTGOOI

    Rand en sent 21 Oktober 2012

    Helen Ueckermann praat met die verbruikersakeghoeroe Ina Opperman oor hoe die Verbruikerswet inmekaar steek en waarom jy, die verbruiker, moet sorg dat jy die wet goed verstaan. Ina is medeskrywer van Understanding the Consumer Protection Act.
    Laai die mp3 af (20 324KB)