In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen staatsamptenare om mooi te dink voordat hulle vroeg uit die staatsdiens aftree.
Die normale aftree-ouderdom by die GEPF is 60, en vroeë aftrede lei tot ’n permanente vermindering in pensioen en gratifikasie. Lede met minder as tien jaar diens kry slegs ’n kontantgratifikasie, terwyl dié met langer diens ook ’n maandelikse pensioen ontvang. Die gratifikasie word volgens vaste belastingreëls belas, met beperkte buigsaamheid vir GEPF-lede.
Nico beklemtoon dat aftreegeld nie as “skielike rykdom” gesien moet word nie, maar as ’n neseier wat wys belê en beskerm moet word.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac