You are here: Home » Latest News » Estate Planning » Rapport: ’n Finansiële les van die lugversorger

Rapport: ’n Finansiële les van die lugversorger

In hierdie week se Rapport beklemtoon Nico van Gijsen die belangrikheid van behoorlike finansiële en boedelbeplanning. Hy waarsku dat ’n regsgeldige testament steeds ernstige finansiële gevolge kan hê indien die aanwasbedeling, trustbates en polisbegunstiging nie behoorlik verreken word nie.

Nico wys op voorbeelde waar swak beplanning erfgename miljoene rande kan kos en belastingvoordele kan laat verlore gaan. “Finansiële beplanning is ’n gespesialiseerde veld,” sê hy, en maan mense om kundige advies in te win.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac

Recent Posts