In hierdie week se Rapport meen Nico van Gijsen dat ’n mens nie uit die graf moet probeer regeer om jou langslewende gade se finansies te beheer nie. Hoewel daar risiko’s van finansiële uitbuiting deur nuwe lewensmaats, kinders of familie bestaan, is gesamentlike beplanning die oplossing.
Nico beveel aan dat paartjies saam met ’n finansiële beplanner hul bekommernisse bespreek en strukture soos trusts oorweeg om erfgename se belange én ’n lewenslange inkomste vir die langslewende gade te beskerm.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac