In hierdie week se Rapport, skryf Nico van Gijsen oor die behoefte om jou geld vir jou te laat werk. Net jy kan dit doen – maar roep die hulp van gesertifiseerde en goeie beplanners in. Jy het dissipline en tyd nodig.
Vra vir jouself: Wat gaan ek doen? Waar gaan ek dit doen? Wat gaan nodig wees om dit te kan doen? En dan beskerm jy eers jou verdienvermoë.
As jy nie behoorlik voorbereid is nie, kan net een ongeluk of siekte jou oor die rand gooi.
Lees die stuk hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.