Loop maar lig en doen jou huiswerk volledig voordat jy ’n trust gebruik in jou boedelbeplanning, skryf Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport.
Hy gee ‘n paar voorbeelde en bespreek die verantwoordelikhede en koste wat gepaard gaan met die stigting en bestuur van ‘n trust. ’n Trust kan ’n goeie voertuig wees, maar dit moet vir die regte redes in jou boedelbeplanning gebruik word.
Nog raad
Nico herinner lesers ook dat as jy belasting in dié belastingjaar wou bespaar, kan jy dit doen deur nou ’n bydrae tot ’n uittree-annuïteit (UA) te lewer.
Lees hier.
Nico, gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa en die FPI.