Posted on

Rapport: Finansiële beplanning is nie hare sny

Nico van Gijsen skryf in Rapport oor verskillende aspekte van finansiële beplanning. Pasop vir die produksmous wat jou met gratis beplanning nader. Dit lyk goedkoop maar die premie kan partykeer tot 15,5% per jaar styg. Pasop ook vir raad om die braaivleisvuur. Kies liewer jou finansiële raadgewer self – pasop as hy of sy jou kies.

Onder “Nog raad” beklemtoon Nico die noodsaaklikheid om jou begrafnispolis uit jou boedel te hou en ‘n begunstigde aan te wys – daarmee het jou familie geld presies wanneer dit nodig is, by jou begrafnis.

Lees die stuk hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.