Posted on

Rapport: Kinders móét geldwaarde kan verstaan

Ons lewe al hoe meer in ‘n kontantlose samelewing, soos Woolworths wat kontantloos in hul WCafe-koffiewinkels gaan word. Hoe maak jy jou kind geldslim as julle nie meer kontant sien nie?

Ernusta Maralack verken hierdie onderwerp en kry ‘n paar sienings van opvoeders en adviseurs, insluitend verteenwoordigers van Finlac, ‘n finansiële beplannings-en-adviesdienstemaatskappy.

‘n Paar punte kom na vore:

  • kinders moet basiese rekenkunde kan doen voordat hulle geldwoordsomme sal kan doen
  • leer jou kind van kleins af dat geld nie onbeperk is nie
  • leer ook jou kind oor aanlyn inkopies en die belangrikheid van privaatheid en sekuriteit
  • bespreek die voordele en nadele van verskillende betaalmetodes soos kredietkaarte, debietkaarte en digitale geldeenhede.

Lees hier.