In hierdie week se Rapport skryf Nico van Gijsen weereens oor aftrede, hierdie keer met die oog op lewende annuïteite en die behoefte om ‘n begunstigde te benoem. As jy dit nie doen nie, sal die AU-opbrengs nie in jou boedel uitbetaal word nie. Daar is ander nuanses en kompleksiteite wat hy uiteensit.
Onder “Nog Raad” herinner Nico lesers aan die bepalings van Art. 37C van die Pensioenfondswet met betrekking tot doodsvoordele uit jou pensioen, aangesien die fondstrustees die fidusiêre plig en die bevoegdheid het om jou finansiële afhanklikes ten tyde van jou dood te bepaal en uitbetalings op grond van hul bevindings te maak.
Lees die stuk hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.