In hierdie week se Rapport moedig Nico van Gijsen lesers aan om 2026 doelbewus as ’n jaar sonder skuld te benader. Nico wys daarop dat skuld nie “vergewe” word nie en met tyd net duurder raak weens saamgestelde rente. Hy beveel aan dat mense eerstens ophou om nuwe skuld aan te gaan, behalwe in gevalle soos ’n huislening wat as “goeie skuld” beskou kan word omdat dit ’n bate is. Vir mense met bestaande skuld is die raad om eerlik na hul finansiële situasie te kyk, skuld sistematies af te betaal en, indien nodig, hulp te kry deur skuldkonsolidasie of ’n skuldberader. Die artikel beklemtoon dat skuld nie net finansiële nie, maar ook emosionele spanning veroorsaak.
Nico verduidelik verder hoe saamgestelde rente teen jou werk wanneer jy skuld het, maar in jou guns werk wanneer jy spaar en belê. Deur eerder te spaar as om op skuld te koop, kan tyd en rente saam welvaart skep en jou finansieel vryer maak.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.