In hierdie artikel in Rapport verduidelik Nico van Gijsen hoe kapitaalwinsbelasting (KWB) werk wanneer ’n woonhuis verkoop word. KWB is nie ’n afsonderlike belasting nie, maar vorm deel van inkomstebelasting en word gehef ingevolge die Inkomstebelastingwet. Dit geld slegs op winste wat ná 1 Oktober 2001 gemaak is. Om KWB te bereken, moet daar ’n bate wees (soos ’n huis), die bate moet verkoop word, en daar moet ’n kapitaalwins wees, naamlik die verskil tussen die verkoopprys en die basiskoste.
Die basiskoste sluit die oorspronklike koopprys en verbeterings in, maar nie instandhouding nie. Belangrike uitsluitings geld: elke belastingpligtige kry ’n algemene uitsluiting van R40 000 per jaar, en by die verkoop van ’n primêre woning is daar ’n verdere uitsluiting van R2 miljoen op die wins. Slegs 40% van die oorblywende kapitaalwins word by ’n natuurlike persoon se belasbare inkomste gevoeg en volgens die gewone belastingskaal belas.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.