You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Sorg vir jou ouers, maar wees versigtig vir saambly

Rapport: Sorg vir jou ouers, maar wees versigtig vir saambly

In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat goedhartigheid teenoor bejaarde ouers maklik ’n finansiële en regsrisiko kan word indien daar nie behoorlik beplan word nie. Hy beklemtoon dat die versorging van ouers, hoewel moreel reg, altyd finansiële en belastinggevolge inhou. Hy bespreek voorbeelde waar kinders huise vir ouers koop of waar ouers geld in hul kinders se eiendom belê, wat later tot ernstige probleme kan lei wanneer testamente, boedels, geskenkebelasting of gesinskonflik ter sprake kom.

Sulke reëlings is dikwels nie regsbindend nie en kan tot duur hofgedinge of selfs dakloosheid lei. Die kernboodskap is dat saamwoon en gedeelde eiendomsbelange vermy moet word. Ouers moet hul onafhanklikheid en waardigheid behou, en kinders moet ondersteuning verkieslik finansieel of in aparte behuising bied. Kundige boedelbeplanning en die gebruik van beperkte regte soos woon- of gebruiksregte word sterk aanbeveel. 

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts