Hierdie week verduidelik Nico van Gijsen in Rapport waarom dit steeds noodsaaklik is vir huurders om hul huurkontrakte deeglik te lees, elke bepaling te verstaan en onafhanklike regsadvies te kry voordat hulle teken.
’n Ondertekende kontrak is regtens bindend, en die Wet op Verbruikersbeskerming beskerm huurders nie noodwendig wanneer die verhuurder vra dat hulle ander blyplek vind nie. Volgens ’n appèlhofuitspraak geld die Wet slegs wanneer eiendomsverhuring deel vorm van die verhuurder se normale sakebedrywighede.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac