You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Pasop, jou pensioengeld is nie so seker by die dood

Rapport: Pasop, jou pensioengeld is nie so seker by die dood

Jy het geen sekerheid oor wie jou (voor-aftrede-)pensioengeld gaan kry ná jou dood nie, waarsku Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport. Hy verduidelik dat Artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse trustees verplig om pensioenvoordele billik tussen afhanklikes te verdeel, ongeag wie as begunstigde benoem is.

Praktiese voorbeelde wys dat selfs ’n lewensmaat of huishulp die volle voordeel kan ontvang indien hulle as afhanklikes beskou word. Nico beklemtoon dat finansiële beplanning verder as ’n benoemingsvorm moet strek. “Beplan jou geldsake met die hulp van ’n gesertifiseerde finansiële beplanner,” sê hy, en hersien gereeld wie as afhanklikes beskou kan word.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac

CPD Points Available for FISA members.

0.25 CPD points Reading this qualifies for 0.25 CPD points in Estate Planning towards your CPD record.

Log in and reload this page to claim your points.

Recent Posts