In die nuutste uitgawe van Landbouweekblad waarsku André Eloff dat generiese testamente dikwels nie ’n persoon se unieke omstandighede in ag neem nie en tot onnodige konflik, belastingimplikasies en boedelprobleme kan lei.
Hy beklemtoon dat ’n testament deel van ’n holistiese boedelbeplanningsproses moet wees wat onder meer trusts, maatskappye, boerderye, versekeringspolisse, lenings en die behoeftes van erfgename in ag neem. Sonder behoorlike beplanning kan bates verkeerd verdeel word en kan die afhandeling van ’n boedel jare neem.
André beveel aan dat testamente gereeld hersien en met professionele advies opgestel word om seker te maak dit bly relevant.
Lees hier.
André Eloff is lid van FISA en ’n boedelbeplanner by Business & Legal Consultants