You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Sekere makelaars lek hul lippe af vir jou pensioen

Rapport: Sekere makelaars lek hul lippe af vir jou pensioen

In hierdie week se Rapport skryf Nico van Gijsen oor die belangrike besluite wat mense by aftrede moet neem oor die beleggings van hul pensioenfondse. Nico waarsku dat sommige makelaars GEPF-lede probeer oorreed om voor aftrede te bedank en hul geld in lewende annuïteite te belê, meestal omdat makelaars meer kommissie uit sulke produkte verdien. Hy verduidelik dat die GEPF lewenslange, gewaarborgde inkomste bied, jaarlikse verhogings insluit en ook ’n gadevoordeel verskaf – voordele wat ’n lewende annuïteit nie altyd kan ewenaar nie. Vergelykings toon dat lewende annuïteite dikwels binne 10 tot 14 jaar tot hul maksimum onttrekkingskoers styg, waarna inkomste daal, terwyl GEPF-pensioene bly groei.

Nico beklemtoon ook dat dissipline noodsaaklik is: te hoë onttrekkings lei vinnig tot geldtekorte. Hy waarsku teen ooroptimisme en selfbestuurde portefeuljes wat dikwels swak eindig. Sy kernboodskap: kies ’n bietjie minder inkomste maar groter gemoedsrus, want aftrede is lewenslank. 

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts