In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat kinders nie ’n lewenspolis op ’n ouer se lewe as ’n spaarplan moet uitneem nie.
Hoewel dit wettig kan wees, kan so ’n polis onverwags boedelbelasting vir ander erfgename veroorsaak en skep dit onnodige komplikasies. Die grootste nadeel is dat die kind nie by die “spaargeld” kan uitkom terwyl die ouer leef nie.
Soos Nico dit stel: “Lewensversekering het ’n plek in jou finansiële beplanning… maar dit is daar om risiko’s te dek, nie om as ’n spaarmedium in te staan nie.”
CPD Points Available for FISA members.
0.25 CPD points Reading this qualifies for 0.25 CPD points in Estate Planning towards your CPD record.
Log in and reload this page to claim your points.