You are here: Home » Latest News » Estates » Rapport: Spaar op boedelbelasting deur dié plan te volg

Rapport: Spaar op boedelbelasting deur dié plan te volg

In hierdie week se Rapport verduidelik Nico van Gijsen hoe ’n lewensversekeringbefondsde trust moontlik boedelbelasting kan bespaar.

Trustbates val normaalweg buite die boedel, mits die trustakte korrek opgestel is en die oprigter nie beheer of persoonlike voordeel daaruit behou nie. Lewenspolisse word egter gewoonlik as geagte eiendom by die boedel ingesluit.

Nico wys daarop dat premies plus 6% saamgestelde rente onder sekere voorwaardes aftrekbaar kan wees. Die trust moet self die premies kan finansier en oor inkomste-genererende bates beskik. “Die trustakte kan die plan maak of breek,” waarsku hy.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts