Hoe gemaak met ouer huurders wat verblyfreg wil hê? Dit is ’n maklike vraag met ’n moeilike antwoord, skryf Nico van Gijsen.
’n Leser soek raad vir ’n egpaar wat ’n huis op haar erf by haar huur. Hulle wil graag vir haar nou, pleks van die maandelikse huurgeld, ’n vaste kapitale bedrag vooruit betaal vir verblyfreg. Nico aanvaar wat die egpaar soek, is die gemoedsrus van lewenslange verblyfreg. Hy kyk na die opsies; verduidelik tegniese terme soos vruggebruik, woonreg (habitatio), en gebruiksreg (usus); en maak ‘n paar gevolgtrekkings.
Onder “Nog Raad” kyk Nico na die belastingimplikasies van skenkings tussen gades.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.