In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat skuld maklik ’n groter probleem kan word omdat die werklike koste die geleende bedrag plus rente is. Hy wys daarop dat ongesekureerde lenings en kredietkaartskuld besonder duur kan wees: ’n R5 000-lening teen 24,85% rente oor drie jaar kan uiteindelik R9 730,51 kos.
Volgens Nico verg skuldhantering dissipline en die waarheid – om verantwoordelikheid te aanvaar en doelgerig op te tree. Hy raai mense aan om die duurste skuld eerste af te betaal, kontrakte en effektiewe rentekoerse deeglik te lees, en hul kontantvloei te bestuur. Vir oorweldigende skuld kan konsolidasie of skuldberading oorweeg word.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac