In hierdie artikel in Landbouweekblad beklemtoon André Eloff hoe belangrik dit is dat elke persoon ’n geldige en bygewerkte testament het om komplikasies met boedelbeplanning te vermy.
Baie mense stel nooit ’n testament op nie of hersien dit nie gereeld nie, wat ná hul dood groot administratiewe probleme vir gades en kinders kan veroorsaak. André verduidelik dat veranderinge in huwelikstatus, soos egskeiding of hertrou, ’n groot invloed op ’n testament kan hê en dat die dokument dikwels hersien moet word.
Hy waarsku ook dat ’n voormalige gade moontlik steeds kan erf indien die testament nie betyds aangepas word nie. Gereelde hersiening van testamente, trusts, polisse en ander dokumente help om familie en erfgename teen onnodige konflik en administrasie te beskerm.
Lees hier.
André Eloff is lid van FISA en ‘n boedelbeplanner met Business & Legal Consultants