In hierdie artikel in Landbouweekblad verduidelik André Eloff hoe volmag, kuratorskappe en trusts funksioneer wanneer iemand nie meer bevoeg is om sy of haar eie geldsake te bestuur nie. ’n Volmag is slegs geldig solank die persoon by volle verstand is; sodra daar medies bevestigde onbevoegdheid intree, verval dit outomaties. In sulke gevalle moet ’n kuratorskap deur die Hooggeregshof ingestel word. Die hof kan ’n kurator bonis aanstel om finansiële sake te hanteer en ’n kurator personae om besluite oor die persoon se welsyn en gesondheid te neem.
André beklemtoon ook die belangrikheid van ’n geldige en opgedateerde testament, aangesien ’n onbevoegde persoon nie self ’n nuwe testament kan opstel nie. Waar daar trusts bestaan, veral spesiale trusts vir gestremdes, kan dit ’n belastingdoeltreffende en praktiese oplossing wees om langtermynversorging te verseker. Goeie voorafbeplanning is noodsaaklik om toekomstige probleme en regsrisiko’s te vermy.
Lees hier.
André Eloff is lid van FISA en ‘n boedelbeplanner by Business & Legal Consultants