In hierdie week se uitgawe van Rapport skryf Nico van Gijsen oor die tweepot stelsel wat onlangs in werking getree het. Die nuwe stelsel is nie sonder omstredenheid nie, maar dit is deur die owerhede ontwerp om mense te help om vir hul aftrede te spaar. Dit is belangrik om te verstaan hoe die tweepot stelsel werk.
Basies is daar voortaan twee “potte” as jy spaar in ‘n aftreefonds of uittree-annuïteit. Die een is die spaarpot wat mense toegang bied tot een derde van hul aftreegeld voor aftrede. Die tweede is die aftreepot, waartoe jy nie toegang het nie totdat jy die dag aftree.
Onder “Nog Raad” raak Nico aan die voordele daarvan om jou geld ongeskonde te laat totdat jy aftree.
Lees die stuk hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.