You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Boedelbelasting is ’n perd van ’n ander kleur

Rapport: Boedelbelasting is ’n perd van ’n ander kleur

In hierdie week se Rapport skryf Nico van Gijsen oor boedelbelasting. Daar is twee hoofmaniere om bates buite jou boedel te kry sodat dit nie aan boedelbelasting blootgestel word by jou dood: ’n diskresionêre trust en ’n uittree-annuïteit (UA).

  • Bates in ’n trust val nie in jou boedel nie. Dis die trust se bates en kan dus nie in jou boedel opgeneem word vir boedelbelasting nie. ’n Trust is ’n baie meer buigsame instrument vir boedelbeplanning. Maar juis daarom is daar ook vele slaggate vir diegene wat nie geheel en al eerlik in hul bedoelings en uitvoering is nie.
  • Die voordele betaalbaar aan ’n begunstigde uit die opbrengs van ’n UA (pensioenfondsgeld ingesluit) is spesifiek uitgesluit van die definisie van “eiendom” in art. 3(2)(i) van die Boedelbelastingwet. Hierbenewens bepaal art. 37C van die Pensioenfondswet (24 van 1956) dat die voordeel uit so ’n fonds, uitbetaalbaar by dood van die fondslid, nie deel van die oorledene se boedel vorm nie.

Maar soos ons weet, is daar altyd vangplekke – en belasting is maar een element van boedelbeplanning.

Lees hier wat Nico het om te sê.

Nico van Gijsen is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn. Hy is ook die besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa en die FPI.

Recent Posts