In hierdie week se Rapport skryf Nico van Gijsen oor skelm beleggingsskemas. Pasop vir makelaars of adviseurs wat hoë opbrengs belowe; begin liewer spaar met ‘n doelwit. Altyd. Jou doelwit sal bepaal hoe en waarin jy moet belê – nie opbrengssyfers nie. Verder, maak seker dat jy met ‘n goed gekwalifiseerde adviseur sake doen.
Onder Nog Raad gee Nico ‘n paar wenke oor hoe om op te let vir slegte skemas soos Ponzi- en piramedeskemas. Vir meer inligting kan jy die webblad van die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingssentrum (Sabric) besoek.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.