Posted on

Rapport: Kyk uit vir dié beleggingsdorings

Hierdie week in Rapport deel Nico van Gijsen sy handige veldgids oor daai geniepsige dorings wat lê en wag om jou geld-bakkie te ontspoor. Hy ontleed spesifiek die kenmerke van die driedoringbossie van die beleggingswêreld: die opbrengsdoring (gierigheid en onkunde), die kuddedoring (almal dit doen, dan is dit mos veilig), en die emosiedoring (‘vat jou geld land-uit’ se doemprofete).

Nico kyk ook na die belangrikheid van diversifikasie en kundige advies wanneer dit kom by die regte bêreplek vir jou beleggingseiers.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.