In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat ’n uittree-annuïteit (UA) nie altyd die beste manier is om belasting te bespaar nie. Hoewel bydraes belastingaftrekbaar is en beleggingsgroei belastingvry is, is toegang tot die geld beperk.
Jonger mense kan UAs gebruik om vir aftrede te spaar. Afgetredenes met beperkte spaargeld kan egter buigsame, toeganklike beleggings verkies. Vir welgestelde afgetredenes met voldoende inkomste en spaargeld kan ’n UA belastingvoordele bied. Die belangrikste is om finansiële advies by jou persoonlike behoeftes aan te pas.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac