In hierdie week se Rapport verduidelik Nico van Gijsen die belastingimplikasies van trusts en waarsku teen verkeerde gebruik daarvan.
Trusts word as afsonderlike entiteite belas teen 45%, sonder die belastingvrystellings wat individue geniet. Inkomste wat in dieselfde jaar aan begunstigdes uitbetaal word, kan egter teen hul laer persoonlike tariewe belas word – maar dit gee die begunstigde ’n gevestigde reg op die bate, wat later boedelbelasting en krediteurrisiko kan skep.
Die sogenaamde boedelbelastingvoordeel van trusts word dikwels oorskat, veral wanneer bates op leningsrekening oorgedra word of inkomste aan begunstigdes toegeken word.
Nico beveel aan dat beleggings deur ’n trust eerder in ’n polis gedoen word, waar die belastingkoers laer is (30% vir inkomste, 12% vir kapitaalwins) en waar bates beter beskerm word. ’n Lewenspolis kan ook gebruik word om lenings teenoor die trust af te trek en so die ware waarde van ’n trust te behou.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac