Posted on

Rapport: Só werk belasting op kapitaalwinste

Moenie dat kapitaalwinsbelasting (KWB) jou eendag onkant betrap nie, maan Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport se Raad met jou Rande. Hy meen dis nie nodig dat jy snags daaroor wakkerlê nie, maar stel voor jy vergewis jouself van wat presies kapitaalwins is, en hoe belasting daarop bepaal word.

Lees ook meer oor die oorrol van KWB by afsterwe, asook oor die vrystelling van hereregte by die vererwing van vaste eiendom.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.