You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Sorg só dat jou geldsake nootvas bly

Rapport: Sorg só dat jou geldsake nootvas bly

In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen teen die “vals note” wat ’n goeie finansiële plan kan ontspoor. Soos rugbyspelers wat ’n volkslied vals sing, kan misleidende raad op sosiale media en selfs in hoofstroommedia die ware boodskap van verantwoordelike beplanning laat verdwyn. 

Mense maak dikwels stellings sonder aanspreeklikheid – van die verdoeming van versekeraars tot die blinde aanbeveling om alles in buitelandse fondse of trusts te belê. Dit lei daartoe dat beleggers koop wanneer markte hoog is en geld verloor. Hy meen die FSCA moet sulke raad fyn dophou.

Van Gijsen wys ook daarop dat nie almal kan bekostig om vir advies te betaal nie, maar dat selfdoen-besluite dikwels tot finansiële skade lei. Sy raad: Skakel die “vals klanke” uit, wees beleefd wanneer jy ongewenste raad kry, en bespreek dit met ’n kundige finansiële beplanner – verkieslik ’n CFP®. Holistiese beplanning, nie gratis produkte of kitsoplossings nie, bou volhoubare welvaart.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac

Recent Posts