In hierdie week se Rapport beklemtoon Nico van Gijsen dat belastingbeplanning belangrik is wanneer jy spaar en belê.
Dividende, rente, huurinkomste en kapitaalwinste word op verskillende maniere belas. Hy bespreek belastingvriendelike opsies soos uittreeannuïteite, belastingvrye spaar en polisbeleggings.
Beleggings deur ’n maatskappy kan volgens hom uiteindelik duurder wees weens dubbele belasting. Nico waarsku ook dat bloot geld tussen gades skuif om belasting te vermy, nie noodwendig werk nie. Korrek gestruktureerde finansies kan jou belastinglas verminder.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac