You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Tweede huwelike en kinders se erfgeld

Rapport: Tweede huwelike en kinders se erfgeld

Nico van Gijsen skryf in hierdie week se Rapport oor tweede huwelike en kinders se erfgeld. In sy ervaring worstel mense in tweede verhoudings later in hul lewe baie met die vraagstuk: Hoe kan ek seker maak dat my kinders se erfgeld vir hulle behoue bly?

Die realiteit is dat sodra ‘n mens weer getroud is of saam met iemand woon, daar van dag een af ‘n finansiële implikasie is. Nico fokus dus op die situasie waar ‘n verhouding nog in wording is en gee ‘n paar voorstelle oor wat mens kan doen om die erfgeld van kinders van ‘n eerste huwelik te beskerm. Voorbeelde sluit in skenkings, polisse, uittree-annuïteite en trusts.

Onder Nog Raad kyk Nico na uittree-annuïteite en boedelbelasting.

Lees die stuk hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts