In hierdie week se Rapport beklemtoon Nico van Gijsen dat tyd in die mark, en nie tydsberekening nie, die sleutel tot beleggingsgroei is. Hy waarsku dat emosionele besluite, vrees en kuddegedrag veroorsaak dat beleggers belangrike groeiperiodes mis en ’n “beleggingsgaping” skep.
Selfs die mis van ’n paar sterk markdae kan opbrengste ernstig benadeel. Nico beklemtoon dissipline, geduld en ’n duidelike finansiële plan volgens jou tydshorison. Beleggers moet saam met ’n finansiële adviseur werk, ’n noodfonds hê en belasting in ag neem, maar nie deur belasting gedryf word nie. Welvaartskepping verg beplanning, volharding en ’n langtermynbenadering.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.