In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat klein foute in aftreebeplanning later groot probleme kan veroorsaak. Sy raad is eenvoudig: spaar vroeg en soveel as moontlik, want mense het dikwels bloot te min geld vir aftrede. “Jy wil nie hê dat jou geld voor jou doodgaan nie,” skryf hy.
By aftrede is goeie finansiële advies noodsaaklik, veral by die keuse tussen ’n lewende en gewaarborgde lewensannuïteit. Nico beklemtoon dat markrisiko, onttrekkings en die regte beleggingsportefeulje bepalend is vir ’n volhoubare aftree-inkomste.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac