You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Vrywillige annuïteite – oppas vir halwe waarhede

Rapport: Vrywillige annuïteite – oppas vir halwe waarhede

In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen teen halwe waarhede oor vrywillige en lewende annuïteite.

’n Lewende annuïteit word met verpligte aftreegeld gekoop en is beleggingsgekoppel, wat beteken jy dra al die markrisiko. Dit is wel vry van boedelbelasting, maar kan by uitbetaling aan begunstigdes teen hoër inkomstebelastingkoerse belas word.

’n Vrywillige annuïteit word met diskresionêre geld gekoop en bied ’n gewaarborgde inkomste lewenslank. Geen boedelbelasting is betaalbaar op die annuïteit self nie, maar indien kapitaal by dood verseker is, kan dit wel boedelbelasting lok.

Die kernboodskap is dat finansiële beplanning meer behels as bloot boedelbelasting, en kundige advies noodsaaklik is.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts