In hierdie week se Rapport gebruik Nico van Gijsen die metafoor van motorligte om finansiële beplanning te verduidelik. Sommige mense “ry sonder ligte” deur roekeloos te leef, sonder spaar, versekering of ’n testament, wat groot risiko vir hulself en hul families skep. Ander gebruik net “parkeerliggies” deur halfhartige, oningeligte besluite te neem sonder behoorlike advies.
Die beste benadering is om “hoofligte aan te sit” – om vooruit te dink, risikos te bestuur en kundige finansiële hulp te gebruik. Finansiële beplanning is ’n lewenslange reis met baie onsekerhede, en deeglike, ingeligte besluite help om jou en jou geliefdes se toekoms te beskerm.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.