In hierdie week se Rapport verduidelik Nico van Gijsen dat voorlopige belasting nie ’n aparte belasting is nie, maar vooruitbetalings op inkomste waarop geen LBS gehef word nie.
Dit geld vir mense met bykomende inkomste soos huur, beleggingsgroei of ’n eie besigheid. Selfs salaristrekkers kan kwalifiseer indien hul diskresionêre beleggingsinkomste meer as R30 000 per jaar is. Betalings geskied in Augustus en Februarie, gebaseer op ’n inkomsteraming.
Sekere beleggings, soos uittreeannuïteite, belastingvrye spaar en polisbeleggings, kan hierdie verpligting vermy. Belastingbetalers moet betyds registreer en betaal om boetes en groot belastingverpligtinge te voorkom.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.