You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Aftrede – neem ‘n les by Ruda Landman

Rapport: Aftrede – neem ‘n les by Ruda Landman

In hierdie week se Rapport haal Nico van Gijsen Ruda Landman van die TV-program Carte Blanche aan, wat gesê het “Die dag wat jy aftree, is die dag wat jy van jou identiteit gestroop word. …Ek wens ek het eintlik beter beplan … “

Nico sê hy kan nie oordeel wat Ruda gesê het nie, maar dat dit waar is dat wanneer jy aftree wat jy was, verby is. Berei jouself voor – begin reeds vroeg in jou lewe spaar vir wanneer jy ophou werk.

Berei jouself ook emosioneel voor want aftrede is nie vir sissies nie. Dink aan alle aspekte, insluitend dekking vir ernstige siekte.

Onder Nog Raad praat Nico van ‘n gewaarborgde pensioen, ‘n sogenaamde lewensannuïteit.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts