Wanneer jy aan ’n skenking dink, dink jy waarskynlik aan ’n vrygewige gebaar wat net vreugde bring – ’n manier om jou bates met familie of geliefdes te deel. Wat baie mense egter nie besef nie, is dat geskenkebelasting vinnig die vreugde kan bederf en jou onwetend in die moeilikheid met Jan Taks kan plaas, so sê Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport.
Dit maak nie saak of jy ’n groot kontantbedrag wil weggee, ’n huis teen ’n afslag aan jou kind verkoop of selfs ’n rentevrye lening aan ’n vriend toestaan nie – die wet stel duidelike reëls.
Om dié belasting te verstaan kan jou help om duur verrassings te vermy en jou skenkings slim te beplan. Lees verder en ontdek hoe jy geskenkebelasting die hoof kan bied en jou beplanning reg aanpak.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.