You are here: Home » Latest News » News » Rapport: Beplan jou testament rondom jou boedel

Rapport: Beplan jou testament rondom jou boedel

In vandeesweek se uitgawe van Rapport kyk Nico van Gijsen na testamente. Hy waarsku lesers om nie in die strik te trap om ’n “gratis” testament te kry of ’n standaard vorm in te vul nie. Dit is omdat jou testament die eindproduk van ‘n boedelbeplanningsoefening behoort te wees. Boedelbeplanning is dikwels kompleks en moet in oorleg met ‘n professionele persoon gedoen word. Nico maak die punt dat daar tot 50 stukke wetgewing is wat ‘n impak op jou boedelbeplanning kan hê. Jou testament weerspieël jou boedelbeplanning en moet regtens korrek en geldig wees.

Onder Nog Raad kyk Nico na skenkingsbelasting, veral met die oog op belastingvrystellings met skenkings aan familielede.

Lees hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.

Recent Posts