In hierdie week se Rapport kyk Nico van Gijsen na ‘n paar kernaspekte van boedelbeplanning.
Te veel mense dink as hulle ’n testament het, is hul boedelbeplanning voltooi. Niks kan verder van die waarheid wees nie, want jou testament behoort in werklikheid die eindresultaat te wees van finansiële beplanning wat met kundige hulp gedoen moet word. Die vyf aspekte wat Nico uitlig, is likiditeit, voorsiening vir naasbestaandes, versekering, trusts en jou testament.
Onder “Nog Raad” kyk Nico vandeesweek na die berekening van die eksekuteurstarief.
Lees die stuk hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.