Die aanwasbedeling is ’n uitstekende stelsel, maar dit kan onverwagte finansiële gevolge hê indien dit nie behoorlik beplan en bestuur word nie, sê Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport.
Hy waarsku dat paartjies hul huweliksvoorwaardekontrak noukeurig moet opstel, die beginwaardes van hul boedels korrek moet aanteken en hul testamente gereeld moet hersien om onbedoelde uitkomste te voorkom.
Nico beklemtoon ook dat trustbeplanning ’n belangrike rol kan speel, maar nie gebruik moet word om aanwas-eise te omseil nie. “Kry kundige raad en vermy kortpaaie,” is sy raad aan paartjies wat hul finansiële toekoms wil beskerm.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac