Die heel eerste ding om te doen met ’n nuwe baba in die huis is om jul testamente aan te pas, sê Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport. Hy beklemtoon dat nuwe ouers hul boedelbeplanning, begunstigdes en finansiële voorsiening dringend moet hersien om minderjarige kinders te beskerm.
Nico beveel ’n testamentêre trust aan weens die belastingvoordele en waarsku dat lewens- en spaarpolisse só gestruktureer moet word dat die geld uitsluitlik tot voordeel van die kinders aangewend word indien ouers sou sterf of ongeskik raak.
Lees hier
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac