In hierdie week se Rapport waarsku Nico van Gijsen dat baie mense onnodig bang is vir boedelbelasting en gevolglik swak finansiële besluite neem. Hy wys daarop dat ’n lewenspolis wel deel van ’n boedel is, maar dat boedelbelasting slegs gehef word op die belasbare boedel ná aftrekkings, insluitend skuld, bemakings aan ’n gade en die artikel 4A-vrystelling soos toegelaat in die Boedelbelastingwet.
Die algemene raad om ’n polis uit te betaal en ’n lewende annuïteit te koop om boedelbelasting te vermy, is volgens hom verkeerd, duur en belasting-oneffektief. ’n Lewende annuïteit kan nie met diskresionêre geld gekoop word nie en lei dikwels tot hoër belasting vir begunstigdes. Van Gijsen beklemtoon dat bestaande polisse dikwels meer buigsaam en belastingdoeltreffend is, en dat kundige advies noodsaaklik is.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac