In hierdie week se Rapport verduidelik Nico van Gijsen hoe beleggers hul beleggingsgroei teen belasting kan beskerm. Hy bespreek drie hoofopsies: belastingvrye spaarrekeninge, polisbeleggings en uittree-annuïteite (UAs).
Hoewel belastingvrye spaarprodukte beperk is tot R500 000 oor ’n leeftyd, bied dit steeds belastingvrye groei. Polisbeleggings beskerm teen hoër belastingkoerse en is veral nuttig vir geld in ’n trust, aangesien dit laer belasting op rente en kapitaalwins hef.
Die UA bied die grootste voordeel: bydraes is aftrekbaar vir inkomstebelasting tot 27,5% van inkomste (maksimum R350 000), groei is belastingvry en die belegging is nie onderhewig aan boedelbelasting nie. Selfs nie-aftrekbare bydraes kan later ’n belastingvrye pensioen oplewer. Nico beveel aan dat paartjies oorweeg om ook vir ’n nie-verdienende gade in ’n UA te belê om gesamentlike belastingdruk te verminder.
Só kan dissipline en slim beplanning help om die “taks-wolf” van jou finansiële groei weg te hou.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.