In hierdie week se Rapport gebruik Nico van Gijsen die geval van die voormalige Protea-krieketspeler Albie Morkel om te wys hoe Ponzi-beleggingskemas werk en waarom beleggers waaksaam moet wees. Morkel is deur likwidateurs gevra om miljoene rand se “wins” terug te betaal nadat hy geld in die IPG Properties-skema belê het.
Die kernles is dat buitensporige, vinnige opbrengste gewoonlik ’n rooi vlag is. Volgens Nico moet beleggers skepties wees oor beloftes van hoë, risiko-vrye opbrengste. Hy waarsku dat gierigheid en blindelingse vertroue, veral wanneer geloof of bekende figure betrokke is, mense kwesbaar maak vir bedrog en uiteindelik groot finansiële verliese kan veroorsaak.
Lees hier.
Nico is lid van FISA, ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn en besturende direkteur van Finlac.