In hierdie week se Rapport praat Nico van Gijsen oor twyfelagtige raad – voordat jy na die “geldstories” van ‘n “adviseur” luister, vra om sy lisensie te sien om finansiële raad te mag gee. Nico gee ‘n paar leidende vrae:
- Vra ook om sy kwalifikasies te sien.
- Kyk na die produk wat hy aanbeveel: Is dit goedgekeur?
- Het hy eers ’n analise gedoen oor wat jou behoeftes is?
- Hoe word hy betaal en deur wie. Kry dit op skrif.
En laastens, moenie die storie glo van “dit kos jou niks, die versekeraar betaal my” nie. Jy betaal. Op die een of ander manier betaal jy altyd.
Lees hier.
Nico van Gijsen is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn. Hy is die besturende direkteur van Finlac en lid van Fisa en die FPI.