Boedelbeplanning is meer as net die opstel van ’n testament. Volgens Nico van Gijsen in hierdie week se Rapport is dit noodsaaklik om eers deeglike finansiële beplanning te doen, aangesien meer as 50 wette hierop van toepassing is. Hoewel jy die reg het om jou bates te bemaak aan wie jy wil, plaas die wet pligte op jou teenoor minderjarige kinders en ’n langslewende gade.
Pensioenfondsgeld word ook nie direk deur jou testament bepaal nie, maar deur begunstigde-aanwysings en die trustees se besluit ingevolge die Pensioenfondswet. Sonder behoorlike beplanning kan geliefdes in finansiële moeilikheid beland. Professionele advies is dus onmisbaar.
Lees hier.
Nico is lid van FISA en besturende directeur van Finlac.