Posted on

Rapport: Kyk verby die ryk huisvroue se botoks

Die veelbesproke TV-reeks, The Real Housewives of Pretoria, het beslis mense aan die praat. Hoewel die deelnemers se wel en weë kykers gereeld verstom, bied die program ook heelwat persoonlike finansiële juweeltjies en geleenthede vir leer. Hoe het dit byvoorbeeld gebeur dat skuldeisers wettig beslag kon lê op die grootste gedeelte van die R5+ miljoen lewenspolis wat deur Kiki se man se oorlede vrou aan hom begunstig is?

Nico van Gijsen verduidelik die mate waartoe art. 63 van die Langtermynversekeringswet wel beskerming bied teen eise van krediteure teen die opbrengs van ‘n lewenspolisse aan die langslewende gade – tensy sodanige gade ‘n ongerehabiliteerde insolvent is. Want dan is dit ‘n gans ander storie!

Lees meer hieroor, asook oor die moontlike belastingimplikasies wat die Huisvroue en hul gades se weggee-geld en geskenkte-karre op niksvermoedende ontvangers kan hê. Lees die stuk hier.

Nico is lid van FISA en besturende direkteur van Finlac.