You are here: Home » Latest News » News » RSG: Die Meester se kantoor is op sy knieë

RSG: Die Meester se kantoor is op sy knieë

In hierdie wydlopende onderhoud op Radio Sonder Grense gesels Louis van Vuren, uitvoerende hoof van FISA, met Moneyweb-redakteur, Ryk van Niekerk, oor die vertragings wat ondervind word met die bereddering van boedels in die Meesterskantore. Dit volg op ‘n artikel op Moneyweb: The winding up of estates in SA is in shambles.

Louis verduidelik dat daar heelwat uitdagings is, nie net by die Meester nie, maar ook by ander instansies. Die Meester werk self in ‘n stukkende stelsel. Byvoorbeeld, die aanlyn portaal vir aanmelding van boedels is ‘n goeie idee, maar dit werk nie as Binnelandse Sake se stelsels van lyn af is of finansiële instansies se diens swak is nie. ’n Eksekuteur kan letterlik niks doen voordat die Meester die eksekuteursbrief uitgereik het nie. Die eindresultaat is dat die publiek nie verstaan hoekom daar vertragings is nie en die fidusiêre praktisyn word dikwels geblameer. FISA doen sy bes om saam met alle partye te werk om die situasie te verbeter.

Luister na die onderhoud hier.

Recent Posts